Preekskets 16 Februarie 2020 Ds Jacques – Soek jy na goed of na God?

Teks:  1 Korintiërs 11:17-34 Liedere:  146:1,2,5   233;1   202:1,2,3   Die nagmaalsete is vir Paulus iets besonders, iets moois en iets goeds.  Die nagmaalete wat in hierdie gemeente genuttig is, was meer as net die viering van die nagmaal soos wat ons dit ken.  Die gemeente het saam gekom om te eet en tydens hierdie geleentheid […]

Bhoetan

Die 5000 semi-nomadiese Brokpa’s leef op ‘n hoogte van 3000m bo seespieël en boer met yak’s in afgeleë Oos-Bhoetan.  Hulle vermeng Tibetaanse Boedisme met antieke spiritistiese aanbidding, met shamans wat uitgebreide rituele uitvoer.  Daar is geen erkende gelowiges in hierdie stamme nie.  Alhoewel Christendom onwettig is gelowiges vervolg word, bid steeds dat gelowiges van ander […]

Preekskets 09 Februarie 2020 Ds Jacques – Volg Christus se voorbeeld

Teks:  1 Korintiërs 10:23-11:1 Liedere:  212:1,2,3   481:1,3   475:1,2   In hierdie teks spreek Paulus gemeentelede aan wat ‘n leefstyl en leefgewoontes openbaar wat nie by toegewyde gelowige mense pas nie.  Hul argument is dat Jesus mense vry maak en daarom is daar nie nou meer enige beperkings wat op gelowiges se lewens geplaas kan word […]

Preekskets 02 Februarie 2020 Ds Jacques – Voer my opdragte uit

Teks:  Johannes 14:15-24 Liedere:  199:1,3   209:1   190:1,2,3   Wat doen jy sommer van self?  Daar is baie dinge in ons lewe wat ons doen sonder om eers daaroor te dink hoe ons dit moet doen.  Dit was egter nie altyd in ons lewe so nie.  By ons geboorte kom ons as ‘n hulpelose klein wesentjie […]

Sendelinge

In 1912 het ‘n mediese sendelinge, Dr. Leslie, na die Demokratiese Rebubliek van die Kongo gegaan om onder stamme in ‘n afgeleë hoek van die land te gaan woon en hulle te bedien.  Na 17 jaar het as ‘n moedelose man na die V.S.A. teruggekeer, seker daarvan dat hy nie ‘n impak vir Christus gemaak […]

Wuhan

Christene bring hoop in ‘n paniekbevange stad as gevolg van die coronavirus.  Wuhan is letterlik van die buite-wêreld afgesny en die inwoners se kos en ander basiese items raak op.  Maar die Evangelie word steeds versprei.  Pastore bedien midde hierdie paniek, bemoedig hul gemeentes om nie te vrees nie en moedig hulle aan om op […]

Bangladesh

Pastoor Arjun se stamdorp is in ‘n afgeleë, tradisioneel Buddisitiese omgewinge geleë, wat ‘n uitsondering in die Moslem-gedomineerde Bangladesh.  Soos wat pastoor Arjun se gemeente groei, het die stamhoof enige verdere bekerings verbied.  Die hele gemeente is met uitwissing gedreig.  Mense van reg oor die wêreld het begin bid.  Dank God, vir die wonderwerk.  Hulle […]