Preekskets 19 April 2020 Ds Jacques – Wees bly

Teks:  Johannes 15:11 en Filippense 4:4-7 As kind het ons almal die speletjie gespeel om onsself te verbeeld dat jy iets of iemand anders is, kamma-kamma of speel-speel.  Dan leef jy jouself heeltemal in die situasie in.  Te lekker.  As grootmense doen ons steeds dieselfde, met die verskil dat die kamma-kamma ons help om groot […]

Preekskets 12 April 2020 Ds Jacques – Volkome blydskap

Teks:  Johannes 15:9-17 Die graf is leeg.  Die Heer het opgestaan, die Heer het waarlik opgestaan.  Met hierdie woorde groete Christene mekaar al vir die laaste 2000 jaar op Paassondag.  Dis die wonderlikste woorde, die belangrikste woorde wat ooit uitgespreek is.  Jesus Christus het die dood oorwin en deur die Paasgebeure is Hy verheerlik en […]

Ramadaan, 24 April – 23 Mei

Hierdie jaar sal Ramadaan abnormaal wees as gevolg van die COVID-19 inperking.  Bid dat, soos wat fondasies geskud word, Moslems na die waarheid sal hunker.  David Garrison, skrywer van “A Wind in the House of Islam” sê dat ons ons in die grootste draaipunt van Moslems na Christus in die 14 eeue van Moslem-Christen interaksie […]

Sirië

“Moenie bid dat die oorlog stop nie, bid dat Sirië Christus sal vind” sê ‘n Siriëse pastoor.  “In my dorpie was daar geen kerke nie, nou is daar al 3”.  ‘n Ander pastoor sê: “Aleppo is God se paradys, mense vind Jesus hier”.  Met die voortslepende oorlog, COVID-19 en die verwoesting, soek mense na antwoorde.  […]

Preekskets 05 April 2020 Ds Jacques – U was nog altyd getrou

Teks:  Psalm 22   Wanneer ons ‘n tyd van groot ontsekerheid beleef, hou ons onsself ook met baie vrae besig.  Vrae soos:  Hoe maak ons nou?  Waarom gebeur dit?  Wat is die uiteinde hiervan?  Maar ook geloofsvrae:  Waarom Here?  Wat wil U hiermee bereik?  Is U in beheer? Sommige mense sien die eindtye, die tekens […]

NB : Covid-19

Alle kerkaangeleenthede asook eredienste is opgeskort tot verdere kennisgewing. U is welkom om intussen u bydraes per EFT oor te plaas of bankinbetalings te doen. Ons bankbesonderhede – ABSA – tjekrek. 1430 146 323 – NGK Noordoos-Pretoria. U verwysing is u lidmaatnommer (voorletters en verjaardagdatum).

Preekskets 15 March 2020 Ds Jacques – Nuut gemaak deur Jesus

Teks:  2 Korintiërs 5:11-21 Liedere:  66:1,3   82:1,2    84:2,4,5   In hierdie teksgedeelte sê Paulus vir die hoorders dat navolgers van Jesus tot nuwe insigte gekom het.  Nadat die mens deur satan in die paradys verlei is en so hul rug op God gekeer het, het die mens spyt gekry oor die optrede.  Die mens was […]

Covid-19

Terwyl vrees heers, het Samaritan’s Purse ‘n 68-bed nood veldhospitaal in die noorde van Italië opgerig om die druk op die oorlaaide mediese sisteem te help verlig.  In plaas daarvan om weg te vlug van die gevaarlikste sone in Italië, toon hulle die geloof wat God se kinders veronderstel is om in hierdie tyd te […]