Preekskets 24 Mei 2020 Ds Jacques – Die Gees ken die pad

Teks:  1 Korintiërs 2:10-16 Ons werk tydens die Pinkstertyd met die gedagte:  Om op die regte spoor te wees.  Ons as gelowiges is instaat om die regte spoor te ontdek en op die regte spoor te bly.  Die Gees help ons om alle dinge te ondersoek.  Daarom is dit so noodsaaklik om onder die leiding […]

CORONA-VIRUS

CORONA-VIRUS aktiveer ‘n Spirituele ontploffing in die Midde-Ooste.  SAT-7 Christelike sateliet TV beleef ‘n dramatiese toename in kykertal en sosiale media belangstelling.  30 Miljoen Midde-Oosterse kykers het na Christelike aanbieders gekyk wat tema’s bespreek wat die die Arabiese, Turkse en Persiese sprekers se alledaagse lewe op die diepste vlakke raak.  SAT-KIDS se facebook blad se […]

Preekskets 17 Mei 2020 Ds Jacques – Om op die regte spoor te bly.

Teks:  1 Korintiërs 2:1-9 Winter is sinoniem met jag in Suid-Afrika.  Baie mense sien jaarliks met groot opwinding uit na die tyd in die veld.  Ongelukkig is een van die onvoorsiene dinge wat gebeur, dat selfs die mees ervare jagter ‘n bok kan kwes.  Dan verander die heerlikheid in ‘n groot gesoek.  Die dier se […]

Ramadaan se einde

Ramadaan se einde het amper vir die 1,8 biljoen Moslems wêreldwyd aangebreek.  Bid dat baie die rede vir hierdie vas sal bevraagteken en na die Waarheid sal soek.  Daar is slegs 1 sendeling vir elke 100 000 Moslems.  Bid dat die Here van die Oes meer arbeiders sal oprig vir hierdie rype oes van siele.  […]

Preekskets 10 Mei 2020 Ds Jacques – Die liefde van ‘n ma

Teks:  Eksodus 2:1-10 Daar word net ‘n paar keer na Jogebed of na haar naam in die Bybel verwys.  Tog het sy ‘n uitsonderlinge rol rol vervul en haar diep geloof getoon.  In die lys van geloofshelde in Hebreërs 11 word haar naam opgeneem om vir ons te wys wat moontlik is as ‘n mens […]

Ramadaan

Laylat al-Qadr of die nag van krag (19 Mei) word as die belangrikste nag gesien.  Daar word geglo dat die hemel die nag oop is en die nag word as geestelik meer geseënd as ‘n duisend maande gesien.  Baie Moslems bly die hele nag in die moskee om die Quran te lees en te bid, […]

Preekskets 3 Mei 2020 Ds Jacques – Die hoop beskaam nie

Teks:  1 Petrus 3:13-17 Hoop is ‘n wonderlike woord.  Dit is ‘n wens of ‘n verwagting dat iets sal gebeur of dalk nie sal gebeur nie.  Die hoop dat die toekoms iets inhou wat vir my positiefs sal wees.  Ek hoop dit reën môre.  Ek hoop ‘n bekende kom vir my kuier.  Ek hoop om […]

Ramadaan

Gedurende hierdie tyd ervaar Christen werkers ‘n toenemende spirituele bekommernis onder Moslem nasies.  Bid dat God ‘n ‘kleed van gebed’ sal voorsien vir die dissipelmakers wat in hierdie duister gebiede woon en die wat die risiko neem om Moslems in hierdie tye te bedien.  Met die dat moskees reg oor die wreld gesluit is as […]