Preekskets 26 Julie 2020 Ds Jacques – Hy gee die belofte van hoop

Teks:  Romeine 8:18-30 Liedere:  157:1,2  178   502:1,2 In hoofstuk 5 tot 8 van Romeine bespreek Paulus wat die vryspraak vir ‘n gelowige se persoonlike lewe beteken.  Hy lê klem daarop dat ‘n gelowe ‘n vrede beleef wat nie vir ongelowiges verstaanbaar is nie.  Geloofsekerheid bring vrede, diens gee vrede, vrede word in die wete van […]

Mianmar

Op die ouderdom van 12 het Naw haar Bybel verloor toe Burmese militariste die dorpie Sqaw-Karen in die afgeleë noord-ooste van die land, tydens die 70 jaar oorlog, aangeval het.  Die arm en hulpelose mensegroep is verslaan.  Tog het hulle hul geloof in Jesus behou.  Vir 55 jaar het Naw vir ‘n Bybel gebid.  97% […]

Preekskets 19 Julie 2020 Ds Jacques – Om kind van God te wees

Teks:  1 Johannes 2:28-3:10 Liedere:  223:1,3    387:1    542:1,2 ‘n Professor het na ‘n paar jaar ‘n klompie van sy gewese studente by sy huis ontvang.  Tydens die geleentheid het hulle oor hul lewe gesels.  Baie was suksesvol in hul loopbane en gevestig in hul gesinne.  Nie lank nie, of hulle het begin kla oor die […]

China

Die Chinese regering is na bewering besig om die Bybel te herskryf.  Hulle wil alle godsdiens oortuigings in die land “sinkroniseer”.  Dit beteken dat hulle elke geloof, Christedom ingesluit, in lyn wil bring met hul interpretasie van kommunisme.  Die regering pas toenemende druk toe deur kamera toesig, beheer en beperkings op gelowiges.  Tog is daar […]

Preekskets 12 Julie 2020 Ds Jacques – Informasie na transformasie

Teks:  Matteus 7:7-12 Liedere:  157:1,2    202:1,2    430:2,3 Wanneer ‘n mens na jare weer terugkeer na ‘n omgewing waar jy vroeër gewoon het, is baie van dit wat jy gewoonlik geken het nie meer dieselfde nie.  Gewoonlik woon dieselfde mense nie meer daar nie.  As ‘n mens dan iemand spesifieks uit jou verlede wil opspoor vra […]

Japan

Die 250 000 dowes in Japan het nie ‘n Bybel in hul hartstaal nie.  Gebaretaal en gesproke taal het heeltemal verskillende sintaksis.  Dit maak die geskrewe Woord moeilik om te verstaan.  ‘n Dowe deel die volgende:  “Toe ek Johannes 3:16 gelees het, het ek gedink God gee die ewige lewe aan iemand, maar wannneer ek dit in […]

Indiese sekswerkers

Met die strate wat byna verlate is as gevolg van die inperking, het die bordele geen kliënte nie en los die mense in die mensehandel bedryf eenvoudig hul prooi, eerder as om hulle te voed.  Projek Redding is al 24 jaar aan die werk en sien dit wat nou gebeur as die grootste wonderwerk in die […]

Preekskets 28 Junie 2020 Ds Jacques – God : Ewig en onveranderlik

Teks:  Numeri 23:13-16 Liedere:  168:1,3   214:1,2,3   491:1,4,5 Heraclitus:  “The only thing that is constant is change”.  Ons vertaal dit met, die enigste iets waarvan ons seker kan wees is dat alles verander.  Hiermee troos mense mekaar in moeilike omstandighede.  As ‘n mens besef dat alles verander help dit jou in moeilike omstandighede om te besef […]

Griekeland

Die grootste deel van die bevolking besit nie ‘n Bybel nie.  Slegs 1% is wedergebore.  Hellenistiese Bediening (Hellenic Ministries) versprei elke somer Nuwe Testamente in dorpies, soms soveel as by 100 000 huise.  Hierdie jaar, ten spyte van die inperking, beplan hulle om van 5 tot 11 Julie die Evangelie na 35 000 huise in 369 […]