Eritrea

89 Christene wat tronkstraf uitgedien het vir hul geloof, is op borg vrygelaat.  Baie van hulle is vir op tot 16 jaar sonder ‘n verhoor in ondergrondse selle of in skeepshouers aangehou.  Honderde is steeds in die tronk.  Daar word gehoop op verdere vrylatings.  Prys God vir die wat alreeds vrygelaat is.  Bid vir die senior […]

Preekskets 20 September 2020 Ds Jacques – Waar is die ander dan?

Teks:  Lukas 17:11-19 Liedere:  472:1,3  504:1,2  188:1,2,3 In die Bybelse tyd is siekte deur baie mense as ‘n straf van God gesien.  Wanneer iemand siek geraak het, het die ander onmiddelik begin wonder:  “Wat het hy dan aangevang waarvan ons nie weet nie?”  Dink maar net aan die raad van Job se vriende wanneer hy […]

Lesbos

Kamp Moria wat vir 2000 vlugtelinge ontwerp is, het onlangs tot op die grond afgebrand.  Dit het 12 000 mense haweloos gelaat.  Griekeland het inderhaas aan “Kara Tepe” begin bou, wat 10 maal groter sal wees.  Die mense wat al vir jare in die kamp leef, hoop op vryheid en om met respek behandel te word.  […]

Preekskets 6 September 2020 Ds Jacques – Hoe sterk is jy?

Teks:  Romeine 15:1-6 Liedere:  499:1,2   203:1,2   492:1,2 As ‘n mens oor krag of sterkte praat, is die eerste beeld wat moontlik by jou opkom iemand met ‘n gespierde liggaam.  Iemand wat die vermoë het om baie kilogramme gewigte op te lig en wat uitblink in een of ander fisiese sportsoort.  In vergelyking met metale is […]

Preekskets 23 Augustus 2020 Ds Jacques – Wie sê die mense is Ek?

Teks:  Markus 8:27-33 Liedere:  168:1,2  231:1  273:1,3  258:1,2 Jesus Christus is besig om die mense te bedien.  Terwyl Hy hiermee besig is wonder die mense oor Hom.  Geselsies vind plaas en in hierdie gesprekke het die mense verskillende sienings en idees oor wie Hy is.  Wanneer Jesus dan alleen saam met Sy dissipels is vra […]

Rohingya-vlugtelinge

In die uiters digbevolkte Bangladesh leef meer mense onder die broodlyn as in enige ander deel van Suid-Asië.  Die Bangladesiërs sien die vlugtelinge as in kompetisie met hulle vir skaars hulpbronne.  Bid dat, soos wat die klein kerk in die Moslemgesinde Bangladesh geleer word om met God se oë na die vlugtelinge te kyk, hulle […]

Roma herlewing

Die Roma, beter bekend as ‘gypsies’, word as ‘n plaag in Europa gesien omdat hulle bedel, steel asook oor hul alkoholgebruik en seksuele gewoontes.  Tog vind daar in die laaste 20 jaar ‘n ongekende herlewing onder die Roma in Europa plaas.  Soos wat die Roma in Slowakye na Christus draai, het misdaad drasties afgeneem.  Die […]

Bhoetan

Bhoetan is ‘n klein landelike koninkryk, weggesteek in die Oostelike Himalajas.  Die wat ‘n ander geloof as Boeddhisme beoefen, kan hul burgerskap en regeringsvoordele verloor.  Dit sluit gratis onderwys, gesondheidsorg, selfs water en elektrisiteit in.  Die meeste gelowiges vergader in privaat huise om te aanbid.  Bid dat gelowiges ferm sal bly en sal vermeerder, ten […]

Noordelike Indië

Hewige reën en vloede in die Bihar staat het meer as ag miljoen mense geraak.  Die armste van die armstes word die ergste geraak.  Honderde mense is vasgekeer in bome totdat die vloedwaters gedaal het.  Voorheen, wanneer gelowiges in Bihar oudio Bybels probeer uitdeel het, het die Hindoe inwoners net geweier.  Gedurende die tragiese vloed het harte versag […]