Voorgestelde Gemeente Struktuur


Waarom nuwe gemeentestruktuur?

  • Veranderde demografie in die omgewing
  • Uittrede van ds Van Loggerenberg
  • ds Grobler, wat Oktober die einde van sy termyn bereik
  • Die aantal lidmate in die gemeente het gedaal tot net onder 600.
  • Van die wyke en selfs van die blokke het sodanig in lidmaattal gedaal, dat dit nie meer lewensvatbaar is nie.

Funksies van die gemeente en inderdaad van die lidmate

Die gemeente se leuse is: “Saam op pad vir Christus en Sy Kerk

Die doel van die gemeente is: “om as liggaam van Christus ons dienswerk sodanig te verrig en as huisgesin van God saam te leef sodat die wêreld kan glo dat Jesus Christus die Here is”.

Ons is God se gemeente en Hy het ‘n plan met ons. Ons noem die Missio Dei, God se sending.

Hierdie twee stellings impliseer die volgende:

  • Ons is saam oppad, nie as passasiers nie, maar as mede reisgenote. Sommiges van ons word sekerlik moeg, siek of swak en het dus hulp van die mede reisgenote nodig.
  • Ons is ook verantwoordelik om toe te sien dat diegene wat agter raak, of geraak het, gehaal word om in die groep te bly (onderlinge versorging en opsig).
  • Ons samesyn oppad maak ook voorsiening vir geleenthede om koinonia te beleef.

“Vir Christus en Sy Kerk” beteken dat die evangelie ook uitgedra moet word (missionêre verpligting). Ons noem dit Diensgetuienis.

Ons word tot dienswerk opgeroep om ‘n verskil in die gemeenskap en daarbuite te maak.

Hierdie dienswerk is nie ‘n plig wat ons opgelê word om gered te kan word nie, maar is inderdaad wonderlike geleenthede wat die Here vir ons gee om ons dankbaarheid teenoor ons Here uit te leef.

Dit is dus nodig dat die gemeente as volg gestruktureer word.

Diensgroepe

  • Bestaande diensgroepe kan uitgebrei word en nuwes kan gevestig word. So kan ons elkeen se talente aanwend.
  • Sulke groepe bestaan reeds in die struktuur van die Vrouebelange, maar behoort uitgebrei te word sodat die mans in die gemeente ook betrokke kan raak.
  • Toerusting en opleiding is van wesentlike belang.

Skakeling in die gemeente

  • Die heinings waaragter almal hulself moes beskerm.
  • Tradisionele gereëlde huisbesoeke wat die ouderlinge en diakens gebring het, is nie meer moontlik nie. Dit is selfs ‘n hindernis vir bure om maklik met mekaar te skakel.
  • Daar bestaan enkele omgee- en bybelstudiegroepe in die gemeente wat gereëlde skakeling tussen lidmate verseker.
  • Dit behoort uitgebrei te word om groter skakeling en toerusting moontlik te maak.

Struktuur

  • Daar word, in die lig van bogenoemde, voorgestel dat weggedoen word met wyke en dat die gemeente voortaan uit 12 blokke sal bestaan.
  • Binne die blokke word dan gereëlde blokbyeenkomste gehou waar lidmate byvoorbeeld bybelstudiegeleenthede, kononia, opleiding en beplanning kan bywoon asook koördinering van diensgroepbetrokkenheid.
  • Kerkraadslede dien in blokke, kom uit blokke en verteenwoordig blokke.
  • Elke blok sal onder leiding van ‘n ouderling, ‘n diaken en ‘n vrouebelange verteenwoordiger staan.

Wat is die funksies van ‘n blok?

Koördinering van alle gemeentelike funksies gedurende die kerkjaar:

  • Alle administratiewe funksies.
  • Verspreiding van kalenders, koeverte en ander belangrike lyste.
  • Verantwoordelik vir die organisering van die lidmate tydens byeenkomste en funksies.
  • Beskikbaarstelling van lidmate vir deurdienste op Sondae.
  • Skink van tee na eredienste.
  • Opname van kollekte tydens eredienste.
  • Blokke kan gesamentlik en/of afsonderlik sekere funksies reël by die kerk, o.a. Senior burgers byeenkoms, ens.
  • Hou van geestelike byeenkomste, koinonia, dienste, bybelstudie, omgee, uitreik ens. ens.
  • Aanwys van lidmate om diens te doen

Lys van huidige diensprojekte:

1)  Die laaste Woensdag van die maand wat ons koffie/tee en toebroodjies bedien by Steve Biko, indien Francois of Kobus nie beskikbaar is nie, benodig ons iemand met ‘n groot voertuig wat die dames, met al die begasie en broodjies na Steve Biko te vervoer.

2)  Enige persoon mans/vroue  wat voel om op ‘n Sondag ‘n bossie blomme in die kerk te plaas met die  erediens.

3)   Wanneer daar begrafnis is, iemand wat kan help met die skink van die koffie/tee en moontlik indien benodig die maak van toebroodjies.   Baie van die Vrouebelange se vrouens is werk bedags.

4)  Jakaranda Kinderhuis  –  Aan die begin van elke maand moet ons 4 kg koekies en 4 kg beskuit daar lewer. As een van die kinders verjaar moet ons ook n koek lewer vir die kind.   Somtyds is daar tot drie kinders per maand wat verjaar.

5)  CMR  Kleuterskool  –  2de Dinsdag van die maand moet ons 6 literl melk en vrugte vir 38 kinders lewer.

6)  ECHO  –  Ons het kinders wat verjaar en daar moet n koek per kind gelewer word wat 40 stukkies uit gesny kan word.   Elke maand het ons 1 of twee kinders wat daar verjaar.

7)  Laerskool Nellie Swart. Ons voorsien maandeliks mieliemeel en soya sous.

8)   HARMONIE OORD is ‘n tuiste vir bejaardes( selfversorgende ouer persone met ‘n lae inkomste) wat aan die SKDBM, die welsynsmaatskappy van die Noordelike Sinode, behoort. Die behoeftelys sluit o.a. in; mans- en vroueklere, skoene, beddegoed, koffiebekers, gordyne en kombuistoebehore.

9)  HOSPIVISIE TRAUMASENTRUM – STEVE BIKO HOSPITAAL Die behoeftelys sluit o.a. in: Bybels in al die nasionale tale, sagte speelgoed, toiletware, boeke, tydskrifte, mans klere en skoene. Een maal per maand van 09:00 tot 12:00 word koffie/tee en broodjies aan die pasiënte bedien.

10) OASE HULPSENTRUM  TSHWANE DISTRIK HOSPITAAL Die behoeftelys sluit o.a. in: leë 2 liter plastiek koeldrankbottels, gekleurde plastiekbottels, vrugtesapboksies, bont servette, material (groot en klein stukkies), linte, garing, wol, krale, breinaalde ens.

11) PENAKSIE (Pretoria Evangelisering en Nasorg) PEN lewer sedert 1992 ‘n gemeenskapsdiens  in die middestad van Pretoria. Die behoeftelys sluit in speelgoed, huishoudelike artikels, kinderboeke en klere.

12) BYDRAES VIR ZIMBAWE SE VERGETE OUES Ons samel basiese benodighede in wat deur Zimbabwe Pensioners Fund aan behoeftige oumense 7 keer per jaar versprei word.

14) VERDERE VOORSTELLE VIR GEMEENTEDIENS

  • Nutsmanwerkies – Manne (of vroue) stel hulself beskikbaar om klein takies te verrig (bv. Lampe vervang, wassers ens.
  • Vervoerdatabasis – ek laat weet dat ek môre teen 10:00 Kolonade-toe gaan vir ongeveer een uur. Iemand bel in om te hoor of daar ‘n geleentheid winkels-toe is en kontak my dan om vir ‘n saamry te vra.
  • Annelie van Wyk vervoer ook mense bv na Steve Biko 05:00
  • Databasis byhou van mense binne die gemeente wat dienste lewer: Nutsman, dagmoeder, spyseniering ens.

As daar 12 bloke is, moet daar dan net 12 ouderlinge en 12 diakens op die kerkraad wees?

Die antwoord is Nee

Daar sal steeds aksies (kommissies) wees:

  • Diensverhoudinge
  • Lofaksie
  • Uitreikbediening
  • Gemeentebediening
  • Deernisbediening
  • Jeugbediening
  • Eiendomme