Jesus, waarlik die Seun van God
Teks: Matteus 14:22-33
- Jesus en Sy dissipels beleef ‘n traumatise tyd
Hulle het so pas in vers 1-12 gehoor dat Johannes onthoof is. Hulle gaan haal sy liggaam en begrawe hom. Jesus het in vers 13 die behoefte om alleen te wees, maar die mense gun Hom dit nie. Hulle volg Hom waar Hy ook al gaan. Wanneer Hy uit die skuit klim, wag ‘n groot skare mense Hom reeds in. Sy reaksie: Hy kry hulle innig jammer en begin om hulle te help. Siekes word gesond gemaak en teen die aand besef Hy dat die mense honger is en nog nie geëet het nie. Hy vermeerder die brood en vis en voed al die mense. Daarna stuur Hy Sy dissipels solank vooruit, terwyl Hy eers klaar bedien.
- Jesus gaan om te bid
Uiteindelik kry Hy die geleentheid om alleen te wees, die traumatise gebeure te verwerk en in gebed met Sy Vader te verkeer. Hy bid reg deur die nag. Sy dissipels het nooit gevra hoe Hy by hulle gaan aansluit nie. ‘n Storm het opgesteek en die dissipels spook reg deur die nag.
- Jesus het mag oor die natuurelemente
Skielik sien die dissipels ‘n wese wat op die water loop. Hulle dink dis ‘n spook. Dis dalk die einde vir hulle. Hulle raak aan die gil.
- Die onnatuurlike bring vrees
Dit wat onverklaarbaar is bring vir ons mense vrees. Soos ‘n vreemde geluid in die nag ‘n mens bang maak.
- Jesus neem self die vrees weg
Jesus stel Homself bekend en probeer so om hulle gerus te stel. Steeds twyfel die dissipels. Petrus sê dat hy sal glo as Jesus hom ook die vermoeë gee om op die water te loop.
- In Jesus se krag kan Petrus ook die onmoontlike doen
Jesus laat Petrus toe om ook te doen wat Hy kan doen. Petrus loop ‘n hele paar tree tot naby aan Jesus. ‘n Doodgewone Petrus kry dit reg om die bonatuurlike te doen omdat hy dit in opdrag van Jesus en in Jesus se krag doen.
- Petrus besef hy is net ‘n swakke mens
Die realiteit van sy omstandighede en wie hy is tref hom egter. Hy kyk om hom rond, sien die water, voel die wind en hy begin sink. Met die verplasing van sy fokus, weg van Jesus na homself end it wat om hulle gebeur, verloor hy die vermoeë om te doen wat Jesus doen.
- Petrus doen die regte ding
Pertrus fokus weer op Jesus en roep uit: “Help my!” Hierdie keer nie vanuit die veiligheid van die boot nie, maar in lewensbedreigende omstandighede. Hy erken dat hy niks is en niks kan doen sonder Jesus nie.
- Jesus doen wat Hy nog altyd doen
Hy kry, net soos in vers 13, ook hier vir Petrus jammer en help hom dadelik. Wat is die les vir vandag? Dis die verhaal van ons lewe. Ons verhaal van die stryd tussen geloof en twyfel. Waar lê die antwoord?
- Die mense kniel oor Jesus en erken: U is waarlik die Seun van God.
Die antwoord lê in die erkenning: Ek kan nie, maar U kan, want U is waarlik die Seun van God.
Ds Jacques