Kersfeestyd is oestyd


Dit is die tyd wanneer Moslems oor die wêreld se harte versag teenoor Jesus.  Bid dat Christen films, soos die “Jesus film” op nasionale televisie kanale in lande in die Midde-Ooste uitgesaai mag word.  In Iran nooi baie Christene hul Moslem bure om saam met hulle Kersfees te vier.  Dit gee hulle ‘n wonderlike geleentheid om die doel van Jesus se geboorte te verduidelik.  Bid dat baie in die Moslem wêreld die werklike betekenis van Kersfees sal verstaan. www.tiny.cc/wb51 (video)