“Moenie bid dat die oorlog stop nie, bid dat Sirië Christus sal vind” sê ‘n Siriëse pastoor. “In my dorpie was daar geen kerke nie, nou is daar al 3”. ‘n Ander pastoor sê: “Aleppo is God se paradys, mense vind Jesus hier”. Met die voortslepende oorlog, COVID-19 en die verwoesting, soek mense na antwoorde. ‘n Kerk is besig om onder die Koerde te groei www.tr.im/wb15 (sekulêre bron) en wonderlike getuienisse ontstaan van Siriërs wat Jesus vind www.tr.im/wb15A. Halleluja, geen plek is te moeilik vir God nie.