CORONA-VIRUS


CORONA-VIRUS aktiveer ‘n Spirituele ontploffing in die Midde-Ooste.  SAT-7 Christelike sateliet TV beleef ‘n dramatiese toename in kykertal en sosiale media belangstelling.  30 Miljoen Midde-Oosterse kykers het na Christelike aanbieders gekyk wat tema’s bespreek wat die die Arabiese, Turkse en Persiese sprekers se alledaagse lewe op die diepste vlakke raak.  SAT-KIDS se facebook blad se gebruikers het met 500% toegeneem.  Prys God vir hierdie honger.  Bid dat baie Jesus in hierdie tyd sal vind.  www.tr.im/wb22