Dit is ballon seisoen


Elke jaar, gedurende die somer, lanseer “Voice of the Martyrs” ongeveer 30 000 Nuwe Testamente met ballone uit Suid Korea in Noord Korea in.  Noord Korea is ‘n land waar jy in ‘n konsentrasiekamp sterf as jy met ‘n Bybel gevang word of gevang word waar jy God aanbid.  As gevolg van ooreenkomste tussen die twee lande, het die polisie die lansering vanjaar gestop.  Na 4 dae van volgehoue gebed het die Suid-Koreaanse regering toestemming verleen dat dit mag voortgaan.  Bid dat die Skrif baie in hierdie geslote land sal bereik.  www.tr.im/wb24 & www.tr.im/wb24A