Indies-Chinese grensgeskil


Die hoogliggende grens in die Himalajas wat oor 3400 km strek, het al tot verskeie skermutselings as gevolg van verskille oor die grens se afbakening en verwarrende aansprake hieroor gelei.  Albei lande het meer as 1 biljoen inwoners, kernwapens en ‘n nasionale trots.  Indië beweer dat meer as 10 000 Chinese troepe hulself in Indiese grondgebied bevind.  Bid dat die mense, te midde van die opbouende spanning tussen die totaal onbereikte Boedistiese mensegroepe in die area, van die God wat hulle werklik liefhet sal hoor.  www.tr.im/wb26