Mianmar


Op die ouderdom van 12 het Naw haar Bybel verloor toe Burmese militariste die dorpie Sqaw-Karen in die afgeleë noord-ooste van die land, tydens die 70 jaar oorlog, aangeval het.  Die arm en hulpelose mensegroep is verslaan.  Tog het hulle hul geloof in Jesus behou.  Vir 55 jaar het Naw vir ‘n Bybel gebid.  97% van die mense in die afgeleë dorpie het nog nooit ‘n Bybel gesien nie en die paar Bybels tot hul beskikking is gehawend van herhaaldelike gebruik.  Dank God dat Naw se gebed vir ‘n Bybel verhoor is.  Bid vir die duisende wat steeds op ‘n Bybel wag.  www.tr.im/wb31