As gevolg van Covid-19 is 2020 vir baie Moslems ‘n jaar van teleurstelling. Ramadaan, is gewoonlik ‘n gemeenskapsaktiwiteit maar is vanjaar ingeperk, weeklikse gebed by moskees is verminder en die Hadj is van laas jaar se 2,5 miljoen besoekers na 1000 besoekers verminder. Dit was ‘n geweldige slag vir baie Moslems wat hul hele lewe lank voorberei vir hierdie verpligte een keer in ‘n leeftyd reis. Bid dat hierdie ontwrigte Moslems in hul teleurstelling na die Waarheid in Christus sal begin soek. www.tr.im/wb32