Libanon


Met 30% van die land se bevolking wat uit Siriese vlugtelinge bestaan, was Libanon reeds voor die versnietigende ontploffing onder baie druk.  Die nasie is rofweg in derdes tussen Chirstene, Sunnie Moslems en Shiite Moslems verdeel.  Die mense het hul vertroue in hul korrupte regering, die mislukkende gesondheidstelsel en die instortende ekonomie verloor.  Meer as enige iets anders het die Libanese hoop nodig.  Bid dat die kerk in Libanon ‘n helder lig sal wees en Ware Hoop in die verskriklike tyd sal bring.  www.tr.im/wb33