Bhoetan


Bhoetan is ‘n klein landelike koninkryk, weggesteek in die Oostelike Himalajas.  Die wat ‘n ander geloof as Boeddhisme beoefen, kan hul burgerskap en regeringsvoordele verloor.  Dit sluit gratis onderwys, gesondheidsorg, selfs water en elektrisiteit in.  Die meeste gelowiges vergader in privaat huise om te aanbid.  Bid dat gelowiges ferm sal bly en sal vermeerder, ten spyte van die harde behandeling en diskriminasie.  Bid dat hulle die boodskap van ware verlossing deur Jesus Christus sal aanhou verkondig teenoor hul bure.  www.tr.im/wb36