Rohingya-vlugtelinge


In die uiters digbevolkte Bangladesh leef meer mense onder die broodlyn as in enige ander deel van Suid-Asië.  Die Bangladesiërs sien die vlugtelinge as in kompetisie met hulle vir skaars hulpbronne.  Bid dat, soos wat die klein kerk in die Moslemgesinde Bangladesh geleer word om met God se oë na die vlugtelinge te kyk, hulle die geleentheid sal aangryp om lig vir hierdie desperate mense te wees.  Bid vir die wat gelowig raak, wat deur hul mede-vlugtelinge vervolg word, dat hulle in hul geloof sal volhard.  www.tiny.cc/wb38