Kamp Moria wat vir 2000 vlugtelinge ontwerp is, het onlangs tot op die grond afgebrand. Dit het 12 000 mense haweloos gelaat. Griekeland het inderhaas aan “Kara Tepe” begin bou, wat 10 maal groter sal wees. Die mense wat al vir jare in die kamp leef, hoop op vryheid en om met respek behandel te word. Plaaslike Grieke voel dat die hoofland hulle afgeskryf het en Griekeland voel weer dat Europa hulle afgeskryf het. Bid dat baie in hierdie plofbare situasie na Christus sal soek en ware vrede sal vind. www.tiny.cc/wb39