Met die Covid-inperkings moes Sara se span kreatiewe maniere vind om die oorwegend Moslem gemeenskap van Oos-Kenia te bereik. Sy het ‘n plek beskikbaar gestel waar mense kon gaan om te bid. ‘n Ouer Moslem dame met ‘n kankeragtige gewas het genesing ontvang. Nadat hierdie vrou haar lewe vir Jesus gegee het, het sy ander mense na Sara en haar span begin stuur. Binne 2 weke het ten minste 20 mense hul vertroue in Jesus geplaas. Prys God daarvoor dat mense nou meer ontvanklik is vir die Evangelie as ooit tevore. www.tr.im/wb42