Protes-optogte ruk die land die afgelope 3 maande, met ‘n oproep aan die regering om te bedank. Tog is God aan die werk. Die “Free in Jesus Christ Church Association (FJCCA)”, ‘n Thaise beweging wat op evangelisasie aan klein dorpies fokus, het op 6 September 1435 mense gedoop. Die beweging, wat in 2016 in die Boedistiese land begin het en die Bybel as hul enigste gids gebruik, het nou 700 huiskerke. Prys God vir die groei. Bid vir die 75 000 dorpies met ‘n Christelike teenwoordigheid. www.tiny.cc/wb43