In Eritrea word Christene in skeepshouers aangehou. In Pakistan ly Christene onder die onregverdige “Godslatering Wet”. In Indië brand radikale Hindoes Christene se huise. Baie Christene wêreldwyd gebruik die 1ste November as ‘n dag om aan ons 260 miljoene vervolgde broers en susters in 50 lande te dink. Prys God vir die groei in elkeen van hierdie nasies, ten spyte van die vervolging. Kyk na www.tr.im/wb44 vir hulp oor hoe om vir ons familie wat swaarkry te bid.