November is die maand waarin ons aan die vervolgde kerk dink. Die vervolging in hoofsaaklik Moslem nasies neem toe. Tog bou God Sy kerk. Miljoene MAG’s (Moslem Agtergrond Gelowiges) het in die laaste 10 jaar tot geloof gekom as gevolg van hul ontnugtering met radikale Islam, deur drome en visioene en deur hul soeke na die liefde van God. Prys God vir die kerk wat ontwaak in die Moslem wêreld. Bid vir beskerming vir die MAG’s en vreesloosheid in die vurige toestande. www.tr.im/wb47