Kersfees in Turkye


As ‘n oorwegend Moslem land, word Kersfees nie as ‘n nasionale vakansiedag in Turkye erken nie en die meeste mense gaan werk toe.  Tog vorm Kersvader en Kersbome deel van Turkse Nuwejaars vieringe.  Dit bring mee dat baie Turke onder die indruk verkeer dat hul Nuwejaar en ons Kersfees dieselfde ding is.  Hulle besef nie dat Christus se geboorte herdenk word nie.  Bid vir die SAT7 TV kykers in Turkye, dat hulle hierdie jaar die ware betekenis van Kersfees sal verstaan.  www.tr.im/wb51