Skriflesing=Kol 3:12-17
Jesus leef, Hy het waarlik opgestaan, hoe moet ons nou lewe? Ek wil dit vanuit Kol 3 verduidelik aan die hand van ‘n trourok met al sy verskillende dele/pante.
Kol 3:12=Innerlike ontferming/vou ‘n ander mens toe in jou arms omdat jou hart uitgaan na die persoon.
Meelewend=saamstap/daar-wees/om in sy skoene te klim, ‘n ander woord is deernis [daar-wees vir ander Sondag in kerk, Maandag by die werk/skool]. As ek dit nie so is nie, dan LY iemand.
Kol 3:12=Goedheid, goedgesindheid, die beste woord is Jesus-gesind.
Jesus was opreg, eg, vriendelik, ‘n mens-mens teenoor almal wat sy pad kruis.
Kol 3:12=Nederigheid, ek het groot geword in donkie-wêreld=SWA/Namibië. ‘n Donkie het nie pronkstatus nie, nie pragtige kleure nie, net maar vaal, en Jesus ry op donkie!!!
Nederigheid is om die minste te wees, ‘n slaaf/dienskneg/kelner te wees.
Lees asb Fil 2:3-7 …
Kol 3:12=Sagmoedigheid/beskeie. Dis darem ‘n mooi eienskap, u al gekyk in die oë van ‘n beskeie mens, jy sien liefde in sy oë.
Wees ‘n skouer/kruk vir jou naaste.
Kol 3:12=Lankmoedig/geduldig, dink aan ‘n kruiwa, jy al gehoor van ‘n kruiwa wat staak?
Kol 3:13=Vergewensgesind soos Jesus, Luk 23:34=Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. Kol 2:14 sê Jesus het my skuldbewys aan kruis gespyker.
Kol 3:14=Liefde. Hoe bind jy 500 mense mense saam tot ‘n volmaakte eenheid? Met liefde, dit is die band/gom/magneet. Dit is om God se liefde in jou los te laat op iemand. Liefde moet gepraktiseer word.
Kol 3:15=Vrede. Elke sportspel het ‘n skeidsregter wat beslis. In die spel van die lewe is die reëlboek die Bybel en die skeidsregter in my hart is vrede. Die groot Skeidsregter is die Here, Hy is ook die Vredevors. Die Here is tuis by mens wat in vrede leef met andere.
Kol 3:15=Dankbaarheid. Die ou Hallelujalied
Hal 245 sê: Tel jou seëninge tel hul 1 vir 1
Oefen jou dankbaarheid deur jou gebede te begin en te sluit met ‘n dankie.
HOE TREK EK DIE TROUKLERE AAN ?
Kol 3:16 As God se Woord in my hart geskryf is, dan word waar … waar die hart van vol is, loop mond van oor.
Kol 3:16=Sing. ‘n Vol hart loop deur sang by jou mond uit. Hoeveel huise ken nog van huisgodsdiens, boekevat en sang?
Kol 3:17=In die Naam van Jesus/soos Jesus.
Jesus het elke deel/pant van die trourok gedra, na Sy voorbeeld moet ons 24-uur aan diens wees, gesien/gehoor/beleef word.
Die Boodskap-vertaling vertaal vers 17 as volg: “Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee.”
Jesus het elke deel/pant van die trourok gedra, en jy???Amen.