Deurgang Stede


God is besig om iets nuuts te doen!  Onbereikte mense van areas met min toegang tot die Evangelie, trek na stede.  Tegnologie stel hulle in staat om gekonnekteer te bly hulle familie tuis te beïnvloed.  Moontlik vir die eerste keer in die geskiedenis maak die stroom immigrante die deure oop om die Groot Sending Opdrag in ons agterplaas uit te voer.  Bid dat God vir jou mense sal uitwys vir wie jy kan bid en met wie jy die Evangelie kan deel, sodat hulle wat nog nooit van die liefde en vergifnis van Jesus gehoor het nie, kan hoor.  www.tr.im/wc20