Afghanistan


Weens ‘n oorlog wat al van 1978 duur en meer as 1 miljoen sterftes, ken die meeste Afghane net bloedvergieting.  Die VSA het die laaste 20 jaar tevergeefs probeer om die Taliban te neutraliseer, teen ‘n koste van 2 Triljoen dollars.  Dit is deur gebed en nie met gewere nie dat daar vrede sal kom in Afghanistan.  So sal die spirituele vestings in die nasie gebreek word.  Bid vir die klein ondergrondse kerk in die land wat baie geisoleerd voel.  Bid dat hulle God se vrede, voorsiening en genade sal ervaar en dat die kerk sal groei tydens die verskriklike onrus.  www.tr.im/wc33