Tydens krieket het Kumar, ‘n onaantasbare Dalit, teen ‘n Brahim seun gestamp. Die seun het toe “Jou vuil Dalit (onaantasbare) hond!” geskree, waarna Kumar die seun met sy kolf geslaan het. As gevolg hiervan is Kumar se familie uit hul dorpie verban. Die 200 miljoen Dalits in Indië word in die heel laagste klas gebore en word as sub-menslik geag. Vir die Dalits om te hoor dat ons na die beeld van God geskape is, is wonderlike nuus Prys God dat Kumar en baie ander Dalits hierdie nuus gehoor het. Bid vir die baie miljoene wat nogsteeds nie van die God wat hulle lief het gehoor het nie. www.tr.im/wc31