Japanese Olimpiese Spele


0,3% van Japan se 126 Miljoen inwoners woon kerk by, wat die Japanese die 2de grootste onbereikte mensegroep in die wêreld maak.  35% van hoërskool leerders voel waardeloos en 1,5 miljoen jongmense lei aan Hikikomori, ‘n ekstreme vorm van depressie.  Dis ‘n toestand waar hulle nie praat  of enige mense vir jare sien nie.  Christene in Japan vra dat gelowiges oor die wêreld in ‘n een miljoen uur gebedsaksie vir Japan, tydens die Olimpiese en Para-olimpiese Spele, sal verenig.  Vir inligting en om vir ‘n uur van gebed vir die spirituele ontwaking van Japan aan te meld, besoek:  www.tr.im/wc29