Die diktatoriale regering word van wydverspreide menseregte vergrype beskuldig. As gevolg van ‘n youtube video van die regering se geweldige optrede teen protesteerders, het die polisie in Februarie die Nuwe Lewe Volle Evangeliese Kerk met geweld uit hul gebou verwyder. Sedertdien hou die kerk dienste in die opelug, op die kerk se parkeerterrein, te midde van sneeu, reën en die warm son. Die owerheid dreig nou die kerk krimineel te vervolg omdat hulle met die opelug dienste voortgaan. Bid vir die kerk wat besluit het om steeds voort te gaan, al weet hulle dat hulle in die tronk kan beland. www.tr.im/wc36