Sahel


Die half droë area is die oorgang tussen die Sahara woestyn in die Noorde en die Savanna in die Suide en is die woonplek van 150 miljoen mense.  Ten spyte van erge armoede, is dit die area waar die populasie die vinnigste groei op die kontinent.  Dit veroorsaak spanning tussen die gevestigde boere en die nomadiese herders, wat almal kompeteer vir dieselfde grondgebied.  Dit is die smeltkroes vir ekstreme Moslems soos die Boko Haram en die Fulani herders.  Dit lyk of hulle die wet in hulle eie hande geneem het.  Tog is God besig om in baie Moslems se harte te werk met baie wat tot geloof kom en in die laaste paar maande gedoop is.  www.tr.im/wc38