Iran


Die Jesus film projek het onlangs ‘n nuwe vertaling van die “JESUS FILM” in Persiese (Farsi) gebaretaal uitgereik.  Die “JESUS FILM” is nou al vir ‘n tydjie in Farsi beskikbaar, maar nou kan die 400 000 Iranese dowes ook na die kragtige uitbeelding van die Evangelie kyk!  Die dowes in Iran, soos die res van die nasie, volg hoofsaaklik die Shia Islam.  Bekering tot Christendom is baie gevaarlik en kan selfs jou lewe kos.  Prys God dat die gemeenskap ook nou kan hoor dat God hulle lief het.  Bid dat die Persiese gebaretaal gebruikers toegang tot die “JESUS FILM” sal kry en ewige lewe in Christus sal vind.  www.tr.im/wc39