“Waar woon Jesus? Ek ek wil Hom baie graag ontmoet!” het ‘n jong Afgaan aan die SAT7 TV stasie gevra. ‘n Paar dae later het hy en ‘n vriend weer geskakel. ‘n Week later het hy, met 25 jongmense wat saam in een vertrek ingeprop sit, geskakel. Almal was gretig om meer van Jesus te hoor. As gevolg van die verdrukking wat die kinders en jongmense in die ontwrigte nasie beleef, is hulle opsoek na hoop – en hulle vind dit in moontlik die enigste kontak met die buite-wêreld: deur satelliet televisie en die sosiale media. Bid dat baie die Ware Hoop deur die Christelike TV en webwerwe sal vind. www.tr.im/wc41