Gal 6:2 Dra mekaar se laste. Die 5 vingers se boodskap.
B=Brief=Pinkie
2 Kor 3:3=Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense. Kan jy ‘n toe brief lees? Nee, skeur koevert oop, lees dan wat daarin staan. Ek is Jesus se oop brief, dit beteken: Mense moet in my lewe en optrede Jesus sien en hoor en beleef. Ek moet Jesus se lewende Bybel wees.
E=Eiendom=Ringvinger
1 Pet 2:9=Julle is die eiendomsvolk van God. Met ander woorde, ons is die kerk/gemeente/familie wat aan God behoort. Ring=Ek behoort aan/getroud met my vrou/man. Ringvinger=Ek behoort aan Jesus, van die wieg tot graf en daarna, wys deur jou lewe dat jy aan God behoort.
L=Liggaam=Langeraat
1 Kor 12:27=Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan. My liggaam het baie lede, net so is ek deel van Jesus se liggaam. Ek is vandag byvoorbeeld Jesus se mond, vertel wat Hy sê in Bybel. Die orrelis is Jesus se hande en so kan ons saam die Here loof. Elkeen van ons het in Jesus se liggaam ‘n plek, taak, funksie as jy nie jou taak vervul nie, dan ly die liggaam.
A=Atleet=Wysvinger
2 Tim 2:5=‘n Atleet wat aan ‘n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.
Ek/jy is Jesus se atlete.
Klere =Olimpiese Spele 100m wedloop met krieketklere hardloop? Nooit.
=Atlete het byna geen klere aan nie, soek so min as moontlik gewig.
=Sonde is ‘n las/hindernis, wat maak ek daarmee?
=Kruis van Jesus is die antwoord. Lees gerus Kol 2:14.
Baan =elke atleet hardloop nie net waar hy wil nie.
=hardloop op Jesus se baan, na Jesus toe, Hy wag by wenstreep
S=Soldaat=Duimpie
2 Tim 2:4=‘n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. ‘n Soldaat tree aan, herkenbaar, uniform, geweer, gevegsgereed. Ek/jy is Jesus se soldate, die vyand is die duiwel, die geweer is die Bybel en Ef 6 skets vir ons die hele uniform, naamlik die waarheid=gordel, die vryspraak in Jesus Christus=borsharnas, die Woordverkondiging=skoene, geloof=skild, verlossing=helm, swaard van die Gees=woord van God en gebed=radio.
Die Immanuel God is met my deur Jesus en God in my deur die Heilige Gees.
Jou een hand spel B-E-L-A-S … Brief/Eiendom/Liggaam/Atleet/Soldaat. Sit jou ander hand by en … die een hand was die ander hand.
Hoe kan ek las dra vir jou/belas word
[1] Dr Stephan Joubert: Gal 6:2 [uittreksel]
Dra mekaar se laste beteken nie om mekaar se “hang–ups,” selfsugtige behoeftes en sielkundige “issues” te dra nie. Dit beteken ons moet mekaar bystaan in swaarkry, armoede, krisisse en geestelike worstelinge. Ons moet mekaar met die liefde van Christus ondersteun. Dis iets anders as om mekaar se “issues” en gemors te probeer uitsorteer wat hulle veroorsaak het sonder dat hulle eienaarskap vir hulle probleme wil aanvaar. Dra mekaar se laste beteken om telkens te besluit om ’n las vir iemand in Jesus se Naam dra.
Vra jouself af: Doen jy iets vir iemand omdat jy skuldig voel, of omdat jy gemanipuleer is om dit te doen, of omdat jy ’n “people pleaser” is wat nie kan nee sê nie? Of dra jy iemand se laste sodat hulle God se nabyheid kan beleef en opgebou gaan word in hulle geloof? Doen jy dinge in die Naam van Jesus vir ander sodat Hy verheerlik kan word en hulle die kans staan om God se hartklop vars te hoor. Kyk saam met hulle hoe jy hulle met hulle probleem kan help. Staan hulle by met die liefde van die Here om self verantwoordelike besluite te neem.
[2] Pas afgelope 2020/2021 Olimpiese Spele, Jamaikaanse hekkies atleet Hansie Parchmen neem verkeerde bus, sou wedren mis, geen geld by hom nie, ‘n dame=Tiana is ‘n barmhartige Samaritaan, gee geld vir taxi, hy is betyds, wen goue medalje. Hy begin soektog en spoor haar op, gee geld terug asook Olimpiese T-hemp, en sy minister van Toerisme gaan haar nou Jamaika toe laat kom op toer om dankie te sê namens Jamaika. Wêreld neem kennis van haar, sy het Hansie se las gedra in sy oomblik van verleentheid, sy was belas met hom. Die Here praat met my deur haar daad.
[3] Marinda du Preez [64] vanaf 3 Julie in Mosselbaaise hospitaal met Covid. 50 Jare getroud met advokaat Lukas du Preez, maar hy mag haar nie besoek, sien, praat nie. Hy speel daagliks trekklavier onder in parkeerterrein, sy en medepasiënte en dokters en verpleegsters luister, skep moed/hoop. Op 14 Aug is sy oorlede. Die wêreld neem kennis van hierdie daad van haar man.
Die Here praat met my deur sy daad. Die 2 voorbeelde maak dat ek soos Maria in Luk 1:38 aantree en sê: Here, ek bely, niks is vir U onmoontlik nie, hier is ek, ek is U dienskneg/diensmaagd, belas my met iemand, ek wil ‘n las help dra vir iemand wat dit nodig het.