Bangladesh


Almal in pastoor Martin se kusgemeente is pynlik bewus van klimaatsverandering.  ‘n Eenvoudige storm veroorsaak groot lyding en verliese vir die gemeenskap/  Hulle verloor nie net hul besittings nie, maar ook hul oeste.  Nadat hy rampbestuursopleiding deur “World Concern” ontvang het, het hy ‘n gemeenskapsgroep gestig wat pratiese voorbereidings kan tref en kan reageer tydens rampe.  Gedurende ‘n onlangse vloed het hierdie groep hul ondersteuning van hul dorpie na 10 000 mense in agt ander dorpies uitgebrei.  Bid dat pastoor Martin en sy gemeente ‘n lig in hierdie Moslem nasie sal wees en dat baie Jesus as gevolg hiervan sal vind.  www.is.gd/wc_52