Bangladesh


Die plaaslike owerheid in ‘n Boedistiese dorpie het 8 Christene oppad na ‘n Doopklas aangeval en geslaan.  4 van hulle is gehospitaliseer.  Alhoewel Bangladesh die 3de grootste Moslem nasie is, is daar ook Boedistiese en Hindoe dorpies.  FMI (Forgotten Missionaries) leer, ondersteun en rus plaaslike pastore toe om die Evangelie na onbereiktes te neem.  Dit was as gevolg van die FMI werkers dat dié mense in die dorpie Jesus gevind het.  Ten spyte van die aanval wou hulle steeds gedoop word.  Bid dat God hierdie jong kerk vasberadenheid sal geen ten spyte van erge teenkanting.  www.is.gd/wb003