In die laaste 8 stabiele jare is baie nuwe en dinamiese kerke geplant, veral in die verowerde ooste. Vra God om hierdie stede, wat onder erge aanvalle deurloop, te beskerm en te beskut. Bid dat baie hulle toevlug na die Enigste Ware Beskermer sal neem. Bid vir die 2 miljoen vlugtelinge wat hulself nou in ander Europese lande bevind, wat nie weet of hulle ooit weer hul geliefdes gaan sien nie. Bid dat Jesus deur ons broers en susters sal skyn, dat hulle ‘n helder lig in die duisternis sal wees. www.is.gd/wb010, www.is.gd/wb010a