In ‘n land wat eens ‘n baken vir Chirstenskap was, is die kerk 1200 jaar gelede deur Islam uitgeroei. Sedertdien was daar basies geen plaaslike Christene nie. Maar in die laaste paar jaar het Christenskap weer begin versprei. Daar is selfs ‘n paar klein groepies Christene wat gereeld bymekaar kom. Vervolging is steeds woes, van die regering, van families, van al-Qaeda en die Salafist beweging in Libië. Prys God vir die wat bereid is om hul lewens te waag om Jesus te volg. Bid vir standvastigheid en wysheid vir die mense wat onder groot gevaar lewe. www.is.gd/wb019