Trans-Wêreld Radio (TWR) se Vroue van Hoop program het 25 jaar gelede begin deur vroue aan vroue opleiding te verskaf, hulle te bemoedig en toe te rus om God se doel met hul lewens te vervul. Dit het in ‘n program gegroei wat na 73 tale gegroei het en vrouens help om die boeie van skaamte te breek, sodat hulle hul lewens as die geliefdes van die Koning kan leef. Meer as 110 000 voorbidders vergader maandeliks in 125 lande om te bid vir die TW se Vroue van Hoop bedienings. ‘n Twee-maandelikse, wêreldwye gebedskalender, met spesifieke gebedsversoeke vir elke dag van die week is beskikbaar om afgelaai te word. www.is.gd/wb120