Bhoetan


‘n Bhoedistiese koninkryk op die Oostelike grens van die Himalajas is bekend vir hul kloosters, forte en dramatiese landskappe.  Enige ander godsdiens as Bhoedisme word nie erken nie.  99,7% van die inheemse Bhoediste het nog nooit van Jesus gehoor nie.  Terwyl Christene in die geheim in hul huise bymekaar kom word hulle aan teistering en fisiese geweld blootgestel.  Plaaslike gelowiges maak gebruik van ‘n ondergrondse opname-ateljee om die Bybel in die geheim in die Dzongkha taal op te neem.  Bid dat hulle die vertaling korrek en in veiligheid sal kan voltooi.  www.is.gd/wb124