DIe hartland van Islam


Noord-Afrika en die Midde-Ooste beleef tans ‘n Christelike spirituele ontwaking.  Vir die eerste keer in 14 eeue kan Moslems deur die internet vir antwoorde soek, vrae vra en aan debatte deelneem, sonder vrees vir aanvalle en geweld.  Noemenswaardige getalle is besig om Islam te los en Jesus as Heer en Verlosser te verklaar, ten spyte daarvan dat dit meebring dat hulle deur hul Moslem families onterf word, deur hul Moslem bure vervolg word of deur die plaaslike regering geteister word.  Prys God dat die Waarheid waarna gesoek word, ‘n Naam het:  Jesus.  www.is.gd/wb127