Mohammed Doulabi, Iran se President se spesiale verteenwoordiger van administratiewe sake beweer dat 50 000 van Iran se 75 000 moskees sluit en dat dit die staat wat sterk op Islam beginsels gebou is, erg bekommerd maak. Hy maak die opmerk terwyl ‘n groeiende getal Iranese van alle ouderdomme al meer ongelukkig raak met die staat wat hul genadelose diktatorskap met Islam regverdig. Die ondergrondse kerk het nou van 300 000 tot 3 miljoen gegroei. Bid dat al meer ontnugterde Iranese Christus in hierdie moeilike tyd as hul Heer sal ontmoet.www.is.gd/wb128