Teks: 1 Tess 1:2-10
Liedere: 215:1-5 292:1,2 268 289:1,2
Waar vind ons hoop? Hoe hanteer ons teenspoed? Hoe volg ons heiligheid na? Kan ‘n mens teenspoed deurstaan of selfs floreer in die teenspoed?
De brief aan die gemeente van Tessalonisense is een van die gemeentes wat Paulus self gestig het. Na aanleiding van ‘n verslag wat Timoteus aan hom bring, skryf hy nou aan die gemeente ‘n brief. Hy is baie dankbaar om te hoor dat hulle wel ‘n gemeente is wat ten spyte die vervolging wat hulle beleef, steeds ‘n florerende gemeente bly. Hy dank God vir die ontwikkeling in die gemeente. Hy is baie dankbaar vir alles wat God in en deur hulle gedoen het. Hy moedig hulle ook verder aan om sterk te bly staan in die omstandighede waarin hulle hulself tans bevind.
Die gemeente bestaan uit uiteenlopende mense, maar ten spyte van hul verskille en diversiteit word hulle as ‘n eenheid saam gebind omdat hulle die tema’s van geloof, hoop en liefde omarm het. Dit maak dat hierdie gemeente werk en volhard. Hulle is standvastig in hulle geloof. Hul geloof dra waarlik vrug. Hul liefde is nie net gerig op hulself nie, maar ook na die mense buite die gemeente. In liefde bereik hulle hul gemeenskap. So beleef hulle net alleen vreugde nie, maar bring hulle ook hoop en vreugde na die gemeenskap rondom hulle.
Hierdie gemeente besef dat hulle aan Jesus verbind is en dat hulle hoop in Hom lê. Daarom kan hulle bly volhard, al is hul omstandighede ook hoe moeilik. Jesus is die een wat hul hoop en toekoms verseker. In geloof vertrou hulle volkome op Jesus. In liefde funksioneer hulle as navolgers van Jesus. En verder leef hulle met die hoop dat Jesus weer gaan terug keer. Dan sal hierdie vervolging en moeilike omstandighede alles verby wees en dit alle vir hulle die moeite werd wees. Kan ‘n mens dus in moeilike omstandighede steeds hoop hê? Verseker ja. Jy kan selfs ‘n florerende lewe leef, mits jy Jesus as jou anker en rots in jou lewe het. Mits jy Hom alleen vertrou, jou lewe aan Hom verbind, jou hoop op Hom bou en deur Sy genade in jou leef. Hierdie gemeente kon dit doen. Paulus is baie trots om daarvan te hoor en hy motiveer hulle om daarmee voort te gaan. Ons kan ook, mits ons dieselfde riglyne volg.