Nederland


Meer as 60 000 het van 26 tot 29 Mei by die “Opwekking-konferensie”, wat in die Hollandse stad Biddinghuize gehou is opgedaag om Hemelvaart te vier.  ‘n Verdere 330 000 mense het die geleentheid “lewend” oor die internet gevolg.  Die tema vir hierdie jaar se “Owekking-konferensie” was:  “Maar ons sien Jesus”.  Dis gebaseer op Hebreërs 2:9.  Baie mense het hul eerste of ‘n hernude ontmoeting met Jesus gehad.  Baie is deur die Heilige Gees aangeraak en het die liefde van God gevoel.  Die Maandag oggend dankoffer vir sending het die rekord bedrag van 1 011 101 euro’s opgelewer.  Prys God dat in post-moderne Europa ‘n groeiende honger na Jesus is.  www.is.gd/wb135