Noord-Afrika


Met meer as 2900 sterftes na die aardbewing in Morokko, en die moontlikheid van sterftes van 10 000 mense in die dodelike vloede in Libië, is baie mense se lewens geskud en ontwrig.  Bid vir die wat geliefdes verloor het en die wat hul huise en alles wat hul besit verloor het.  Sulke katastrofes laat mense op een of ander manier na God soek.  Die Bybel sê dat die wat met hul hele hart soek sal vind.  Bid dat baie innerlike troos sal vir deur Jesus te leer ken.   Bid vir die klein minderheidsgroep gelowiges in hierdie Moslem lande, dat hulle lig sal skyn en dat hul lig ander na redding sal lei.  www.is.gd/wb138