Die klein Arabiese Christen gemeenskap in Gaza is nou al vir maande aan die vlug en besig om weg te kruip. Hulle voel dat die Christene wêreldwyd hulle vergeet het. Na ‘n Israeliese lugaanval op 20 Oktober is dele van die Kerk van St. Porphyrius se kompleks, waar 400 Christene geskuil het, beskadig. 18 mense het gesterf. Bid dat Christene aan beide kante van die oorlog, ‘n lig sal wees in die moeilike tyd. Bid ook vir Palestynse Moslems en Hamas terroriste in die Wesoewer van Gaza, sodat hulle die totale transformerende krag van Jesus se liefde, ontferming en genade sal ontdek. www.is.gd/wb146