Met meer as ‘n miljoen vroue wat vasgevang is in prostitusie, 4,4 miljoen verslaaf aan dwelms en 15 miljoen wat aan geestesversteurings ly, is mense desperaat op soek na hoop. Vir 26 miljoen van die 88 miljoen mense in Iran is daar nie ‘n Bybel in hul hartstaal beskikbaar in hierdie land wat hewig vyandig teenoor die evangelie staan nie. Tog is Iranese honger vir die evangelie, met een van die vinnig groeiendste kerke in die wêreld, met ‘n raming van enige iets tussen 300 000 en 3 miljoen gelowiges wat in die geheim aanbid. Bid vir ‘n reuse oes soos wat die gelowiges kragdadig getuig en die evangelie met hul bure deel. www.tiny.cc/wb205