Guatemala


Publieke skole veg teen die bendekultuur met Bybelstudie.  Die 36 jare lange burgeroorlog het baie mense van die platteland na krotbuurte in Guatemala stad laat vlug.  Die El Mezquital Publieke Skool was voorheen ‘n korrektiewe fasiliteit en dit lyk of die verlede by die fasiliteit spook.  Alison (11 jaar) het 3 nefies weens bendegeweld verloor.  Die Bybelgenootskap lesse, wat in die saal by die skool aangebied word, het haar gehelp om te vergewe en om minder aggressief te wees.  Bid vir baie wat die Woord gehoor het, dat hulle die Ware Lewe in Jesus sal ontdek.  www.tiny.cc/wb218