Nuraldaim


Nuraldaim is as ‘n Moslem in ‘n Moslem area in Soedan grootgemaak.  Dit is ‘n aansienlike afstand van enige Christelike invloed.  Eendag het ‘n man tydens reënstorm by Nuraldaim se huis, wat langs die pad geleë is, gestop. Nadat die man vertrek het, het Nuraldaim gesien dat die man ‘n Bybel agter gelaat het.  Vandag is Nuraldaim ‘n leier in die Blou Nyl Gemeenskapskerke groep in die Blou Nyl area van Soedan.  Die Blou Nyl Kerke bestaan uit mense van Darfur, wat vervolging beleef het.  Die Evangelie word met hulle gedeel en kos word uitgedeel.  So ontvang mense in hierdie area heling van hul trauma en redding.  www.tiny.cc/wb219