Myanmar


Die konflik in Myanmar is nou in sy vierde jaar.  Duisende siviele lewens het in die slag gebly en meer as 3 miljoen moes vlug.  Gelowiges gee “Treasures” (‘n toestel waarop ‘n mens na Bybelstories kan luister) aan sekere sleutel leiers in die IDP (“Internally displaced people) kampe.  Weens die “Treasures” het 47 mense uit ‘n Boedistiese agtergrond Jesus aanvaar en is hulle gedoop.  Eers het hulle gevoel hulle is die ongelukkiges omdat hulle uit hul dorpies moes vlug.  Nou voel hulle dat hulle die gelukkiges is, omdat hulle ware lewe in Jesus gevind het.  www.is.gd/wb224