Libanon


Libanon is ‘n land wat jou asem wegslaan natuurskoon en sy ryk historiese erfenis.  Dis egter ‘n gebroke land, met ‘n gebroke ekonomie, met 82% van die bevolking wat sukkel om selfs net hul basiese behoeftes te bekostig.  Verder plaas 1,5 miljoen Siriese vlugtelinge verdere druk op die ekonomie.  Tog is God aan die beweeg.  Baie mense begin om hul Moslem geloof te bevraagteken en kerke raak vol met Siriese vlugtelinge wat Jesus gevind het.  “Hart vir Libanon” maak volle gebruik van hierdie unieke geleentheid om uit te reik, betrokke te raak en van mans, vrouens en kinders dissipels te maak.  Bid vir hulle somer jeugkampe, dat baie kinders ware vrede in hierdie onstuimige tye sal vind.  www.tiny.cc/wb236